Thinus en Lida Delport
Thinus en Lida Delport is ’n egpaar met ’n diep liefde vir Jesus, wat prakties uitdrukking kry in hulle familie, gesin, besigheid en bediening.
Hulle het in 1995 aan die Universiteit van Pretoria onderskeidelik kwalifikasies in Bou-bestuur en Maatskaplike Werk voltooi. Hulle is steeds aktief betrokke by besigheid en bediening, met ’n begeerte om die Koninkryk van God prakties in mense se lewens te sien funksioneer.
Thinus en Lida het vier seuns, waarvan twee reeds getroud is. As ouers dra hulle ’n sterk begeerte om jongmense in ’n lewende verhouding met Jesus te sien groei.
Hulle bediening fokus op die vorming van mense in Christus — om ’n volk ten volle gevorm in Christus te sien. Vir hulle is die huishouding van geloof, die stadsgemeente, asook tafels en kampe, belangrike hulpmiddels waardeur mense toegerus, gevestig en gevorm word in Christus. Hulle glo dat hierdie wynsak die nuwe wyn van God se Woord in mense, families en gemeenskappe kan ontvang, bewaar en laat groei.
