Skip to content Skip to footer

Die Gees van verwoesting en dood in ‘n Bottel

Dis nie OF nie dis WANNEER!
Dis nie OF jy gaan moeilikheid kry nie, dis WANNEER jy dit gaan kry.


Volgens studies is alkohol gevaarliker as heroïn.
Die impak op liggaam, brein & gesondheid is massief!
Lancet en die Wêreldgesondheidsorganisasie sê alkohol is die dodelikste verslawing wat bestaan en moeilikste om van los te kom!!! Professor David Nutt se navorsing plaas dit bo crack-kokaïne. Nie net vir die een wat drink nie, maar vir almal rondom hom of haar.
Die mens ag drank as iets groots of belangriks, hoekom sê ek so?

  • Daar word met dit letterlik fees gevier, soos verjaarsdae en suksesse!
  • Dit word as geskenke of selfs belongings vir mekaar gegee.
  • Daar word besigheid met dit gedoen.

Kinders sien dit alles raak, drank is sosiaal aanvaarbaar en het selfs waarde.
Hulle sien hoe ‘n Pa/Ma se stem harder word na elke drankie. Hoe hulle woorde skerper word, seermaak soos die drank vloei. Hoe hulle dinge sê wat môre nie onthou sal word nie, maar die wat dit beleef en hoor sal dit nie vergeet nie.
Hulle voel die spanning in die huis. Hulle leer dat dit normaal is. Hulle leer daaruit dat dit is hoe groot mense “ontspan” en “celebrate” en probleme “hanteer”! Alles LEUENS uit ‘n bottel


Ek het BAIE foute gemaak met drank in my lewe. Ek het alkohol as ‘n vriend gesien. Die vriend het my lewe verwoes.
ALKOLISME HET MY STADIG OOR ‘N TYD BEKRUIP! TOE EK EENDAG WAKKER WORD WAS EK ‘N ALKOHOLIS!!!
Daar is dinge wat ek gesê het wat ek nie kan terugneem nie. Dinge wat ek gedoen het waarvoor ek baie skaam is. Tye wat ek nie kan onthou nie, maar wat ander nooit sal vergeet nie.


Ek kan nie aan een positiewe ding dink wat drank in my lewe veroorsaak het nie, maar wel BAIE negatiewe, stukkende, verwoestende, eina dinge!


Drank het myself en baie spesiale mense in my lewe baie seer gemaak, liggaam siel en gees.


Hier’s die waarheid wat niemand wil hoor nie: jy kan nie al die skuld vir drank gee nie.
Drank kies jou nie, JY KIES DRANK EN DRANK SE VALS RELIEF!
Drank maak nie keuses nie. Jy maak keuses.
Drank verwaarloos nie jou verantwoordelikhede nie. Jy doen dit.
Drank klim nie agter die stuurwiel nie. Jy doen dit.
Drank skree vloek en lieg nie. Jy doen dit.

Maar drank se rol in dit is alles is: dit verdoof en verblind die mooi mens in jou!!!

Dit maak al daardie slegte keuses makliker. Dit vat skaamte weg. Dit fluister in jou oor dat een meer nie saak maak nie, drank lieg vir jou, dat more anders sal wees terwyl dit jou vandag steel!!!

SO, HOE KOM JY LOS, VRY VAN EN OORWIN JY DIE DRANK VERSLAWING?

JY ROEP UIT NA GOD, VAL OP JOU KNIEE EN JY SOEK HOM MET ALLES IN JOU, MET JOU HELE HART!!!


Nie met fancy rehabilitasie programme nie. Nie met beloftes wat jy op Nuwejaar maak nie. Nie met goeie voornemens wat vinnig vergete is nie.


JY SIT JOU GLAS OF BOTTEL NEER, EK IS KLAAR!!! LOS DAAI “VRIEND” SE HAND, DRAAI JOU RUG OP HOM EN HARDLOOP!!

Gaan soek hulp, jy sal dit nie alleen kan doen nie!
Jesus sê in sy Woord soek my en JY SAL MY VIND EN EK (JESUS) IS VIR JOU!!!
Die gevaar van alkohol lê daarin dat dit so aanvaarbaar is. Dit word nie met ‘n naald ingespuit nie. Dit word nie in ‘n donker steeg gerook nie. Dit kom in mooi bottels. Met fancy labels. In kroeë waar mense mekaar ontmoet en openlik sit en kuier en hulle self verdoof en beroof!!!


So sterf duisende mense van drank!!! Party stadig oor jare, Party vinnig in n ongeluk of voorval.
Drank vermoor en verwoes jou menswees, jou gesondheid, jou verhoudings, jou beroep, jou waardigheid. Stukkie vir stukkie tot daar niks meer van jou as mens oor is nie!!!


WEET EEN DING VERSEKER JESUS MAAK VRY, EN AS HY JOU VRY MAAK, SAL JY WAARLIK VRY WEES. HY HET DIT VIR MY GEODOEN! HY IS MY BESTE VRIEND, ENIGSTE HOOP, LIG, WAARHEID EN LEWE!
AMEN EN AMEN

error: Content is protected !!