Wat ’n onvergeetlike naweek! VOLUIT VIR JESUS het die afgelope naweek die WILDEBEES KAMPVUUR mannekamp bygewoon. Tussen die bosveldgeklanke en die warmte van die kampvuur het manne van oral herlaai, mekaar bemoedig en nader aan die Here gegroei. Ons is vuur en vlam terug—gereed om met nuwe krag voluit vir Jesus te leef!




















